
=====================================================================
Ek staan tussenin -- tussen alles (AV 4:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Ek staan tussenin -- tussen alles

Marlene Dumas, wat deur   die kunskritikus M.A. Nolte beskou word as   "die beroemdste skilder wat Suid-Afrika nog in die internasionale 
kunswreld opgelewer het", was op Oudtshoorn om aan 'n "kunsekskursie" -- praatjies, lesings, demonstrasies -- deel te neem. Sy het onder 
die gesprekstitel "Dubbelpraat" insig in haar verhouding as uitgewekene met haar moedertaal gegee.

'DUBBELPRAAT": in die titel van ons lesing sit die wantroue van die praat, van mekaar, van ons self; die twyfel of mens ms kom, of mens 
n moes kom, en of mens ooit nog kan kom na Nasionalistiese feeste.

Mense dink soms wanneer iemand in "die buiteland" woon, dat dit is omdat hy sy mede-Afrikaners minderwaardig vind, te aards en nie "arty" 
genoeg nie. Ek hou nie van "arty" mense nie. Ek is nie so "cultural" nie. Ek is primitief. (Hoe langer ek weg is van Suid-Afrika, hoe meer 
mis ek die dele soos die Karoo, veral waar ni mense is nie.)

Ek s altyd oor my kunsverhouding of professionele verhouding tot politiek en liefde die volgende: -- een=alleen; twee='n couple, en 
drie=politiek.

Ons sou drie mense wees hier by die KKNK fees: Andries Botha van Durban, Jolie van Leeuwen van Nederland en ekke. Ek wou nie alleen kom 
nie. Ek wou nie met my CV's kom spog nie. Ek wou saam met iemand praat. As beeldende kunstenaar het ek ook 'n behoefte om te bieg; terwyl 
die Waarheids-en-versoeningskommissie Afrikaners koud laat, of liewer selfgenoegsaam kwaad maak, word hier feesgevier.

Ek is bang vir Afrikaners omdat ek hulle nie vertrou nie, en ek behoort te weet, want ek is self een.

Ek het al baie lesings en onderhoude gegee op verskillende plekke en kontinente; maar omdat my oorsprong hier is en nie daar nie, kon ek my 
indek in my andersheid. As hulle my nie verstaan nie, is dit begryplik, maar hier is ek by die bron waaruit ek onstpring het. Ek is in my 
vaderland en baie emosioneel, want vir die eerste keer in twintig jaar praat ek oor my werk in my moedertaal. En dis hartseer, want ek weet 
nou, duideliker as ooit, dat ek nie meer 'n plek van rus hier kan en sal vind nie. Nie omdat ek 'n Hollander geword het of Europer nie, 
ook nie omdat ek 'n soort universaliteit wil propageer of spesifieke bande (en lande) erken nie, maar omdat ek tussenin staan -- tussen 
alles.

Dit is my kruis, maar ook my krag. Hierdie hartseer, hierdie gebrokenheid, wat nie pateties is nie, maar die grondslag van my kuns. Sommige 
kultuurfilosowe meen selfs dat kuns per definisie gemaak word deur gebroke identiteite. Kultuur is die gewoontes en rels waarvolgens ons 
lewe. Kuns wat die rels breek of verskuif, interesseer my.

Mens kan 'n bestaande tradisie in stand hou en verfyn, maar dan moet jy daaraan glo, aktief deel daarvan wees en tevrede wees met die 
spesifieke tradisie. Dit is nie vir elkeen bestem nie. Daarom dat in Suid-Afrika die "Eurosentriese" kuns van die ou Suid-Afrika en die 
"etniese" kuns van die nuwe Suid-Afrika albei so leweloos en sulke kitsch kan wees.

Ek hou van "slang", want dit lewe en is op 'n manier "onwettig", maar potent. Waarom is die Afrikaner altyd so bang dat hy sy identiteit 
gaan verloor? Toe hy aan die bewind was, wou hy dit tot elke prys beskerm, en moes dit juis daarom loslaat; en noudat hy eindelik in die 
minderheid is, wat hy eintlik altyd was, is hy nog banger om dit te verloor.

Hulle s: "You can't lose what you've never had," maar mens kan nog daarby s: "'You can't lose' wat van jou is."

Ek het nie probeer om Afrikaans in Holland in stand te hou nie. Die taal wou my nie loslaat nie. Ek voel nie skaam omdat ek geen taal 
behalwe Afrikaans ordentlik kan praat nie, maar ook nie soseer trots daarop nie.

Eerder 'n bietjie verbaas.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av439.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1997 /// Afrikaans: 'n Landswye opname (AV 4:3) /// 'n Lewe in 
diens van die Afrikaanse woord (AV 4:3) /// Die dinamiek van Afrikaans (AV 4:3) /// As die taal se vure kom uitbrand (AV 4:3) /// Dis ns 
storie (AV 4:3) /// S Afrikaans sy s in die sakebinnekring? (AV 4:3) /// Afrikaans moet uitreik na Afrika (AV 4:3) /// Koerantprojek 
stimuleer handevat-aksie (AV 4:3) /// Ek staan tussenin -- tussen alles (AV 4:3) /// Kuns in diens van taal? (AV 4:3) ///

